108 captures
11 May 2011 - 04 Nov 2025
Dec JAN Feb
21
2012 2013 2014
success
fail

About this capture

COLLECTED BY

Organization: Internet Archive

The Internet Archive discovers and captures web pages through many different web crawls. At any given time several distinct crawls are running, some for months, and some every day or longer. View the web archive through the Wayback Machine.

Collection: Wide Crawl Started January 2013

Wide crawls of the Internet conducted by Internet Archive. Access to content is restricted. Please visit the Wayback Machine to explore archived web sites.
TIMESTAMPS

The Wayback Machine - http://web.archive.org/web/20130121142052/http://af.wikipedia.org/wiki/Nepal
 




Nepal

 

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
 

Spring na: navigasie, soek  
Nepal
नेपाल
Nepāl
Vlag van Nepal Wapen van Nepal
Vlag Wapen
Nasionale leuse: जननी जन्मभूमिष्च स्वर्गादपि गरीयसी (Sanskrit)
"Moeder en vaderland is meer belangrik as die hemel"
Volkslied: Rastriya Gaan
Ligging van Nepal
Hoofstad Katmandoe
Grootste stad Katmandoe
Amptelike tale Nepali
Regering

 
Onafhanklikheid


Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 E10 147,181 km2  (93ste)
56,827 myl2
Bevolking
 - Julie 2005 skatting
 - Digtheid
 
27,133,000 (42ste)
184 / km2 (56ste)
477 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2005 skatting

$39.14 biljoen (87ste)
$1,675(153ste)

Gini 47.2
Geldeenheid Rupee (NRs.)
Tydsone
 - Somertyd
NPT (UTC+5:45)
nie bemerk nie (UTC+5:45)
Internet-TLD .np
Skakelkode +977

Nepal (नेपाल अधिराज्य,Nepal Adhirajya) is 'n land in Asië. Dit lê tussen Sjina in die noorde en Indië in die suide in die Himalaya. Die hoofstad is Katmandoe.

[wysig] Geskiedenis

Nepal het 'n lang geskiedenis wat teruggaan tot voor die begin van die Christelike jaartelling en is die geboorteplek van die Boeddha. As gevolg van die land se ligging, was die land nog altyd gevoelig vir Indiese en Tibettaanse invloed.

Die land het in 1962 'n nuwe grondwet gekry, waarvolgens die koning se mag aansienlik gestyg het en politieke partye verbied is. In plaas van die partye het die koning 'n "partylose demokrasie" gekies: 'n parlement waarvan 15% uit partylose lede bestaan wat deur die volk verkies is en 85% bestaan uit lede wat deur die koning benoem word. Na 'n volksopstand in 1990 het die toenmalige Koning Birenda hierdie stelsel afgeskaf en 'n demokratiese grondwet ingevoer.

Op1 Junie 2001 is die koninklike huis byna uitgeroei deur Kroonprins Dipendra. Hy was kwaad vir sy ouers omdat hulle nie sy keuse vir 'n eggenote goedgekeur het nie. Hy het sy vader, Koning Birenda, sy moeder, Koningin Aishwarya, doodgeskiet en ook nog 'n aantal ander koninklike familielede vermoor, waaronder sy broer en suster, twee ooms en twee tantes. Hy het homself ook geskiet, waarna hy drie dae later beswyk het. Na sy dood is een van sy ooms, Gyanendra, as die nuwe koning gekroon.

Gyanendra het in 2002 tydelik weer die hef in sy hand geneem, maar later in die jaar die demokrasie herstel. Op 1 Februarie 2005 het hy egter weer alle mag in sy hande geneem en die grondwet buite werking gestel. Hy het die eerste minister afgedank en self dié posisie ingeneem. Die koning het Minister Deuba kwalik geneem dat hy nie in staat was om die vrede in die land te herstel nie. Gyanendra het tot 2006 as gesaghebbende monarg geregeer, maar is in 2006 weer gedwing om sy mag op te gee.

Tussen 1996 en 2006 het 'n burgeroorlog in Nepal gewoed, waarin meer as 12 000 mense om die lewe gekom het. Met tussen 10 000 en 15 000 stryders het die Maoïstiese opstandelinge meer as 60% van Nepal beset. Hul grootste doel was om Koning Gyanendra te onttroon en 'n kommunistiese nasie te begin, soos die Volksrepubliek van Sjina na die revolusie. Ondanks die feit dat Gyanendra buitelandse steun geniet het, het die rebelle steeds meer terrein gewen. Op 21 November 2006 is 'n vredesooreenkoms tussen die demokratiese regering en die Maoïstiese rebelle gesluit.

Op28 Desember 2007 het 'n oorgrote meerderheid van die Nepalese parlement gestem vir die afskaffing van die monargie. Die Nepalese Grondwetgewende Vergadering het op 28 Mei 2008 besluit om hierdie wet amptelik in werking te stel, waarmee die Koninkryk van Nepal verander is in die Demokratiese Federale Republiek van Nepal.

[wysig] Geografie en klimaat

'n Groot gedeelte van Nepal is baie bergagtig. Agt van die tien hoogste berge ter wêreld is in Nepal geleë, waaronder ook die hoogste, Mount Everest. In die suide van Nepal, langs die grens met Indië, is laer geleë gebiede. Ongeveer 20% van die land se oppervlak kan vir landbou benut word. Nepal word van suid na noord in drie gebiede gedeel, die laagland in die suide, heuwels en lae berge in die middel en die Himalaja in die noorde.

As gevolg van die groot hoogteverskille besit die land uiteenlopende klimaatgebiede, van 'n hoë bergklimaat in die Himalaja, tot 'n subtropiese klimaat langs die grens met Indië.

Die ooste van Nepal kry ongeveer 2 500 mm reën per jaar, terwyl die middel, rond Katmandoe, ongeveer 1 420 mm per jaar kry en die westelike gebiede ongeveer 1 000 mm.

[wysig] Bevolking

'n Nepalese sadhoe

Die bevolking van Nepal woon vernaamlik in die lae gebiede langs die grens met Indië en in die vallei rondom Katmandoe. Die gemiddelde lewensverwagting in Nepal is 65,46 jaar. Die bevolking groei met ongeveer 1,281% per jaar.

Die land huisves talle etniese groepe, waaronder die Newards, Bhote, Rai, Limbu, Sjerpa, Gurung, Tamang, Magar, Thakali, Brahman en ander.

Die meerderheid van die bevolking (80,6%) is aanhangers van Hindoeïsme. Die grondwet bepaal dat Nepal 'n "hindoekoninkryk", maar Hindoeïsme is nie ingestel as die staatsgodsdiens nie. Boeddhisme speel ook 'n groot rol, met volgelinge wat 10,7% van die bevolking uitmaak. Verder hang 4,2% Islam aan en 3,6% die inheemse Kirant-geloof aan.

Op19 Mei 2006 het die Huis van Afgevaardigdes van Nepal aangekondig dat daar voortaan 'n skeiding tussen kerk en staat sou wees, alhoewel die land steeds die enigste amptelike Hindoe-land ter wêreld bly.

Die land se amptelike taal is Nepalees en word deur ongeveer 60% van die bevolking gepraat. Die taal word in die Devanagari-skrif geskryf en stam van die antieke Sanskrit-taal af. Naas Nepalees word daar ook ander plaaslike tale en dialekte gepraat, soos Maithili, Tamang en Bhojpuri.


 

Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deelsinEuropa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika


Ontsluit van "http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nepal&oldid=1030650" 

Kategorie: 
Nepal
 

Navigasie-keuseskerm

 

Persoonlike gereedskap



Skep nuwe rekening
Teken in
 



Naamruimtes



Artikel

Bespreking
 


Variante








Aansigte



Lees

Wysig

Wys geskiedenis
 


Aksies












Navigasie




Tuisblad

Gebruikersportaal

Geselshoekie

Onlangse wysigings

Lukrake bladsy

Hulp

Sandput

Skenkings
 



Gereedskap




Skakels hierheen

Verwante veranderings

Spesiale bladsye

Drukbare weergawe

Permanente skakel

Bladinligting

Haal dié blad aan
 



Ander tale




Acèh

Alemannisch



Aragonés

العربية

مصرى



Asturianu

Azərbaycanca

Boarisch

Žemaitėška

Bikol Central

Беларуская

Беларуская (тарашкевіца)

Български



Bahasa Banjar





িি ি

Brezhoneg

Bosanski

Català

Нохчийн

Cebuano

کوردی

Qırımtatarca

Česky

Kaszëbsczi

Чӑвашла

Cymraeg

Dansk

Deutsch

Zazaki

ދިވެހިބަސް



Ελληνικά

English

Esperanto

Español

Eesti

Euskara

Estremeñu

فارسی

Suomi

Võro

Føroyskt

Français

Arpetan

Frysk

Gaeilge

Gagauz

Gàidhlig

Galego



Gaelg

Hak-kâ-fa

Hawai`i

עברית

ि

Fiji Hindi

Hrvatski

Hornjoserbsce

Kreyòl ayisyen

Magyar

Հայերեն

Interlingua

Bahasa Indonesia

Interlingue

Ilokano

Ido

Íslenska

Italiano



Lojban

Basa Jawa



Қазақша

Kalaallisut







Къарачай-малкъар

Kurdî

Коми

Kernowek

Кыргызча

Latina

Lëtzebuergesch

Лезги

Luganda

Limburgs

Ligure

Lumbaart

Lingála

Lietuvių

Latviešu

Malagasy

Македонски



Монгол



Bahasa Melayu



مازِرونی

Dorerin Naoero

Nāhuatl

Plattdüütsch



 

Nederlands

Norsk (nynorsk)

Norsk (bokmål)

Novial

Diné bizaad

Occitan

ି

Ирон



Kapampangan

Papiamentu

ि

Norfuk / Pitkern

Polski

Piemontèis

پنجابی

پښتو

Português

Runa Simi

Română

Русский

Kinyarwanda



Саха тыла

Sicilianu

Scots

سنڌي

Sámegiella

Srpskohrvatski / српскохрватски



Simple English

Slovenčina

Slovenščina

Soomaaliga

Shqip

Српски / srpski

SiSwati

Basa Sunda

Svenska

Kiswahili

Ślůnski

ி



Тоҷикӣ



Türkmençe

Tagalog

Türkçe

Татарча/tatarça

Twi

Удмурт

ئۇيغۇرچە / Uyghurche

Українська

اردو

Oʻzbekcha

Vèneto

Tiếng Vit

Volapük

Winaray

Wolof



Хальмг

ייִדיש

Yorùbá

Zeêuws



Bân-lâm-gú


 





Laaste wysiging op 03:33, 17 Oktober 2012.

Die teks is beskikbaar onder die Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel lisensie. Dit is moontlik dat aanvullende voorwaardes van toepassing is. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting.
 


Privaatheidsbeleid

Inligting oor Wikipedia

Voorbehoud

Mobiele weergawe
 


Wikimedia Foundation
Powered by MediaWiki