76 captures
14 May 2008 - 28 Dec 2025
May JUN Jul
19
2012 2013 2014
success
fail

About this capture

COLLECTED BY

Organization: Internet Archive

The Internet Archive discovers and captures web pages through many different web crawls. At any given time several distinct crawls are running, some for months, and some every day or longer. View the web archive through the Wayback Machine.

Collection: Wide Crawl started April 2013

Web wide crawl with initial seedlist and crawler configuration from April 2013.
TIMESTAMPS

The Wayback Machine - http://web.archive.org/web/20130619210739/https://af.wikipedia.org/wiki/Bronkode
 



Bronkode



in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Spring na: navigasie, soek  
'n Voorbeeld van 'n HalloWêreld program wat in C# geskryf is.

Bronkode word in sagteware-ontwikkeling gebruik om 'n reeks stellings en/of verklarings voor te stel in 'n formaat wat maklik deur mense gelees kan word deur die toepassing van 'n betrokke programmeringstaal.

'n Rekenaarprogram word gewoonlik saamgestel uit een of meer tekslêers. Dele van 'n program kan ook gestoor word in 'n databasis as 'n gestoorde prosedure of selfs brokkies kode in verskeie media.

Sommige rekenaarstelsel is meer kompleks as ander en verg dan meer beheer oor die bronkode. In sulke gevalle is dit moontlik dat 'n span ontwikkelaars toegang het tot dieselfde stel bronkode. Dit kan lei tot probleme indien een ontwikkelaar die veranderings van 'n ander oorskryf. In sulke gevalle word 'n bronkodebeheerstelsel gebruik.

Inhoud

Doel [wysig]

Bronkode word hoofsaaklik gebruik as die invoer na die proses om 'n uitvoerbare program te skep deur die bronkode te voer na 'n samesteller of 'n Vertaler. Dit word ook soms gebruik om algoritmes te kommunikeer aan mede-ontwikkelaars (b.v. brokkies bronkode in boeke).

Sagteware-ontwikkelaars bestudeer ook dikwels bronkode om nuwe tegnieke baas te raak en sodoende hul programmeringsvaardighede te verbeter.

Bronkode word saamgestel om uitgevoer te word binne 'n relevante omgewing. Tipies word 'n spesifieke sentraleverwerkingseenheidenbedryfstelsel geteiken. Die uitvoerbare program wat geskep is deur so aksie kan dus nie op 'n ander platform loop nie. Indien die bronkode beskikbaar is is dit moontlik om dit dan saam te stel om die nodige platform te teiken. In sommige gevalle is dit ook nuttig on die bronkode byderhand te hê om nuwe bronkode te skep vir die nuwe omgewing. Dit is veral die geval waar die tegnologie waarin die bronkode is verouder tot so 'n mate dat dit sin maak om na 'n nuwe omgewing te opgradeer. 'n Voorbeel is Visual Basic 6naVisual Basic.NET.

Samestelling [wysig]

Hoe die bronkode geörganiseer word hou sterk verband met die argitektuur van die stelsel wat deur die bronkode voorgestel word. 'n Stelsel wat net redelik ingewikkeld is kan maklik uit honderde of duisende lêers bestaan.

Alhoewel 'n spesifieke lêer altyd net een in rekenaartaal geskryf sal wees is dit moontlik dat bronkode bestaan uit verskillende rekenaartale wat later saamgevoeg kan word in verkillende konfigurasies.

Kwaliteit [wysig]

Die kwaliteit van bronkode is van uiterste belang. Daar kan nie uit die oog verloor word dat bronkode vir etlike jare kan bestaan nie. In meeste gevalle moet daar dus weer verander word aan die bronkode en dit is nie altyd moontlik dat dieselfde programmeerder werk aan die bronkode wat oorspronlik onwikkel is deur die betrokke programmeerder nie.

Dit is nietemin moeilik om kwaliteit te meet. Alhoewel dit baie maklik is vir gesoute ontwikkelaars om swak kode raak te sien is dit nie so maklik om goeie kode raak te sien nie aangesien daar verskeie faktore betrokke is. Die strewe na kwaliteit het al gelei tot verskeie metodes van sagtewareontwikkeling soos die Microsoft Solutions Framework, die Rational Unified Process, die Unified Modeling Language en tegnieke soos toetsgedreweontwikkeling.

In enige ontwikkelingsspan is die toepassing van standaarde noodsaaklik om eenvormigheid in die bronkode te verseker.

Verwysings [wysig]

Hierdie artikel is aanvanglik saamgestel deur die Engelse weergawe van Wikipedia te gebruik as 'n beginpunt.

Ontsluit van "http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bronkode&oldid=1124474" 

Kategorie: 
Sagteware




Navigasie-keuseskerm



Persoonlike gereedskap



Skep nuwe rekening
Meld aan
 



Naamruimtes



Bladsy

Bespreking
 


Variante









Weergawes



Lees

Wysig

Wys geskiedenis
 


Aksies













Navigasie




Tuisblad

Gebruikersportaal

Geselshoekie

Onlangse wysigings

Lukrake bladsy

Hulp

Sandput

Skenkings
 



Gereedskap




Skakels hierheen

Verwante veranderings

Spesiale bladsye

Drukbare weergawe

Permanente skakel

Bladinligting

Haal dié blad aan
 



Ander tale




العربية

Asturianu

Беларуская

Беларуская (тарашкевіца)

Български



Bosanski

Català

Česky

Dansk

Deutsch

Ελληνικά

English

Esperanto

Español

Eesti

Euskara

فارسی

Suomi

Français

Galego

עברית

Hrvatski

Magyar

Հայերեն

Bahasa Indonesia

Ilokano

Italiano



Қазақша



Кыргызча

Lietuvių

Latviešu

Олык марий

Bahasa Melayu

Mirandés



Nederlands

Norsk nynorsk

Norsk bokmål

Pälzisch

Polski

Português

Runa Simi

Română

Русский

Srpskohrvatski / српскохрватски

Simple English

Slovenčina

Slovenščina

Српски / srpski

Svenska



Türkçe

Українська

Vèneto

Tiếng Vit



Wysig skakels
 







Die bladsy is laas op 9 Maart 2013 om 01:36 bygewerk.

Die teks is beskikbaar onder die Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel lisensie. Dit is moontlik dat aanvullende voorwaardes van toepassing is. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting.
 


Privaatheidsbeleid

Inligting oor Wikipedia

Voorbehoud

Mobiele weergawe
 


Wikimedia Foundation
Powered by MediaWiki